New Queer Cinema

New Queer Cinema is ’n term wat in 1992 eerste deur die akademikus B. Ruby Rich gebruik is in die tydskrif Sight & Sound vir ’n beweging in die vroeë 1990's van onafhanklike rolprente met ’n LGBT-tema. Die woord "queer" in die term kom uit die akademiese letterkunde van die 1980's en 1990's as ’n oorkoepelende manier om gay, lesbiese, biseksuele en transgender identiteit en ondervindings te beskryf, en ook om ’n vorm van seksualiteit te definieer wat veranderlik is en teen die tradisionele begrippe van seksualiteit indruis.

Sedert 1992 word die verskynsel ook deur ander akademici omskryf en gebruik om verskeie ander rolprente te beskryf wat sedert die 1990's uitgereik is. Prente van die New Queer Cinema-beweging deel ’n paar temas, soos die verwerping van heteroseksualiteit as die norm en die lewens van LGBT-mense wat aan die rand van die gemeeskap woon.[1][2]

  1. "New Queer Cinema" (in Engels). Mubi.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2019.
  2. "GLBTQ New Queer Cinema" (PDF). Glbtq.com.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search